Afrikaans 1983

Jeremia 28:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Nadat die profeet Gananja die juk op die profeet Jeremia se nek gebreek het, het die woord van die Here tot Jeremia gekom:

13. Gaan sê vir Gananja: So sê die Here: Jy het houtjukke stukkend gebreek. In plaas daarvan sal jy ysterjukke dra.

14. So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Ek sit 'n ysterjuk op die nek van al hierdie nasies: hulle sal vir koning Nebukadnesar van Babel dien. Hulle sal hom dien, en Ek stel ook die wilde diere tot sy beskikking.

15. Die profeet Jeremia het toe vir die profeet Gananja gesê: Luister, Gananja! Die Here het jou nie gestuur nie. Jy laat hierdie volk staatmaak op leuens.

16. Daarom, sê die Here, gaan Ek jou wegvee van die aarde af. Jy sal vanjaar nog sterf, want jy het opstand teen die Here gepreek.