Afrikaans 1983

Hebreërs 8:6-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Maar nou het Jesus 'n voortrefliker priesterdiens gekry deurdat Hy Middelaar is van 'n beter verbond wat op uitnemender beloftes gegrond is.

7. As daar aan die eerste verbond niks kortgekom het nie, sou 'n tweede nie nodig gewees het nie.

8. Maar God bestraf die volk oor hulle tekortkoming deur te sê:“Kyk, daar kom 'n tyd, sê die Here,dat Ek met Israel en Juda 'n nuwe verbond sal sluit.

9. Die nuwe verbond sal nie wees soos dié wat Ek met hulle voorvaders gemaak hetop die dag toe Ek hulleaan die hand gevat het om hulle uit Egipte uit te lei nie,want hulle het nie my verbond gehou nie,en Ek het hulle verwerp, sê die Here.

10. Dít is nou die verbond wat Ek met Israel na daardie dae sal sluit,sê die Here:Ek sal hulle my wette in die verstand gee,op hulle harte sal Ek dit skrywe;Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.

11. Dan hoef niemand meersy medeburger te leer en vir sy broer te sê: ‘Jy moet die Here ken’ nie.Hulle almal, klein en groot, sal My ken.