Afrikaans 1983

Hebreërs 5:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Elke hoëpriester is 'n mens wat uit die mense geneem en aangestel word om vir hulle by God in te tree deur gawes en offers vir die sondes te bring.

2. Hy kan meegevoel hê met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self aan swakheid onderhewig is.

3. Om hierdie rede moet hy ook vir homself, net soos vir die volk, offers bring vir die sondes.

4. Niemand eien hom die eer van hoëpriester toe nie, hy word deur God daartoe geroep, net soos Aäron.

5. So het Christus Hom ook nie die waardigheid van Hoëpriester toegeëien nie, God het dit vir Hom gegee toe Hy gesê het:“Jy is my Seun,van vandag af is Ek jou Vader.”

6. En op 'n ander plek sê Hy:“Jy is priester vir ewig volgens die priesterorde van Melgisedek.”

7. Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God.

8. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.