Afrikaans 1983

Hebreërs 10:34-39 Afrikaans 1983 (AFR83)

34. Julle het met die gevangenes meegevoel gehad, en toe op julle besittings beslag gelê is, het julle dit met blymoedigheid aanvaar omdat julle geweet het dat julle 'n besitting het wat beter en blywend is.

35. Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot beloning in.

36. Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het.

37. Nog net “'n kort, kort tydjie,en Hy wat kom, sal kom en nie talm nie.

38. En wie deur My vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe;maar as hy terugdeins,het Ek aan hom niks meer nie.”

39. Maar ons is nie van dié wat terugdeins en verlore gaan nie; nee, ons glo en ons sal lewe.