Afrikaans 1983

Handelinge 25:13-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Na verloop van tyd het koning Agrippa en Bernice na Sesarea toe gekom om Festus te verwelkom.

14. Hulle het 'n paar dae daar deurgebring, en Festus het Paulus se saak by die koning ter sprake gebring: “Hier is iemand wat deur Feliks as gevangene agtergelaat is.

15. By my aankoms in Jerusalem het die priesterhoofde en die familiehoofde van die Jode 'n aanklag teen hom ingebring en my gevra om hom skuldig te bevind.

16. Ek het hulle geantwoord dat dit nie die Romeinse gebruik is om 'n beskuldigde as guns uit te lewer nie. Hy moet eers geleentheid kry om hom voor sy aanklaers teen hulle beskuldiging te verdedig.

17. Toe hulle hierheen gekom het, het ek sonder uitstel die volgende dag op die regbank gaan sit en bevel gegee dat die man voor my gebring moet word.

18. Sy aanklaers het om hom gaan staan en hom beskuldig, maar nie van ernstige misdade soos ek verwag het nie.