Afrikaans 1983

1 Tessalonisense 3:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Toe ek dus nie langer kon uithou nie, het ek vir Timoteus gestuur om vas te stel hoe dit met julle geloof staan: of die verleier julle nie reeds verlei het en al ons harde werk dalk op niks uitgeloop het nie.

6. Nou is Timoteus van julle af terug by ons, en hy het ons die goeie nuus gebring van julle geloof en liefde. Hy het ons vertel dat julle nog altyd die aangenaamste herinneringe aan ons het en dat julle net so na ons verlang as ons na julle.

7. Daarom, broers, het ons in al ons nood en swaarkry weer moed geskep vir julle omdat julle nog glo.

8. Omdat julle vas staan in die Here, leef ons nou weer werklik.

9. Hoe kan ons na behore aan ons God die dank bring vir al die blydskap wat ons voor Hom oor julle het?