Afrikaans 1983

1 Tessalonisense 3:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons besluit om alleen in Atene agter te bly.

2. Ons het vir Timoteus, ons broer en medewerker in diens van God, wat saam met ons die evangelie van Christus verkondig, na julle toe gestuur om julle in julle geloof te versterk en moed in te praat

3. sodat nie een van julle onder die vervolginge sou begin wankel nie. Dat ons ter wille van ons geloof vervolg sal word, staan vas. Dit weet julle.

4. Toe ons nog by julle was, het ons julle al gewaarsku dat ons vervolg sal word, en soos julle weet, het dit ook gebeur.