Afrikaans 1933-1953

Joël 3:14-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die Here in die dal van beslissing!

15. Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.

16. En die Here brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die Here sal ’n toevlug wees vir sy volk en ’n skuilplek vir die kinders van Israel.

17. Dan sal julle weet dat Ek die Here julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem ’n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.

18. En op dié dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; en uit die huis van die Here sal daar ’n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei.

19. Egipte sal ’n woesteny word, en Edom ’n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.

20. Maar Juda sal vir ewig bly, en Jerusalem van geslag tot geslag.

21. En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, wat Ek tevore nie onskuldig verklaar het nie; en die Here sal op Sion bly woon.