Afrikaans 1933-1953

Jakobus 5:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. KOM nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom.

2. Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel.

3. Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ’n getuienis teen julle wees en sal soos ’n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae.

4. Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare.