Afrikaans 1933-1953

Hebreërs 7:16-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. een wat dit geword het nie kragtens die wet van ’n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe.

17. Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

18. Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan,

19. omdat die wet niks volkome gemaak het nie; maar aan die ander kant is daar die invoering van ’n beter hoop waardeur ons tot God nader.

20. En vir sover dit nie sonder eedswering was nie — want húlle het sonder eedswering priesters geword,

21. maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek —

22. in sover het Jesus van ’n beter verbond borg geword.

23. En hulle het wel priesters geword in ’n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly;

24. maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ’n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie.

25. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.

26. Want so ’n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het;

27. wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.