Afrikaans 1933-1953

2 Kronieke 36:21-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. sodat die woord van die Here deur die mond van Jeremia vervul sou word: totdat die land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om sewentig jaar vol te maak.

22. EN in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die Here — sodat die woord van die Here deur die mond van Jeremia in vervulling sou gaan — die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy ’n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:

23. So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die Here, die God van die hemel, aan my gegee, en Hý het my opgedra om vir Hom ’n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort — mag die Here sy God met hom wees, en laat hom optrek!