Afrikaans 1933-1953

2 Konings 12:12-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. en aan die messelaars en aan die klipkappers, en om houte en gekapte klippe te koop om die bouvallige plekke van die huis van die Here te herstel, ja, vir alles wat uitgegee moes word aan die huis om dit te herstel.

13. Ewenwel is daar in die huis van die Here geen silwerskottels, messe, komme, trompette — enige goue gereedskap of silwergereedskap gemaak van die geld wat in die huis van die Here gebring is nie.

14. Maar hulle het dit aan die uitvoerders van die werk gegee om daarmee die huis van die Here te herstel.

15. En hulle het nie met die manne afgereken in wie se hand die geld toevertrou was om dit aan die uitvoerders van die werk te gee nie, want hulle het met getrouheid gehandel.

16. Die geld van die skuldoffer en die geld van sondoffers is nie in die huis van die Here gebring nie; dit was vir die priesters.

17. Destyds het Hásael, die koning van Aram, opgetrek en teen Gat geveg en dit ingeneem; daarna het Hásael sy aangesig gerig om teen Jerusalem op te trek.

18. Toe neem Joas, die koning van Juda, al die heilige gawes wat sy vaders Jósafat en Joram en Ahásia, die konings van Juda, geheilig het, met sy eie heilige gawes en al die goud wat te vinde was in die skatkamers van die Here se huis en van die koning se huis, en stuur dit aan Hásael, die koning van Aram. Daarop het hy van Jerusalem af weggetrek.

19. En die verdere geskiedenis van Joas en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

20. En sy dienaars het opgestaan en ’n sameswering gesmee en Joas gedood in die huis Millo wat aflê na Silla toe —