Afrikaans 1933-1953

1 Johannes 5:17-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is ’n sonde wat nie tot die dood is nie.

18. Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.

19. Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.

20. En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.

21. My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.