Afrikaans 1933-1953

1 Johannes 5:10-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.

11. En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.

12. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

13. Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.

14. En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

15. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.