Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 9:31-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. Ons weet dat God nie na die stem van ’n sondaar luister en doen nie, maar Hy luister en doen vir iemand wat God respekvol vrees, aanbid en Sy wil doen.

32. Van ewigheid af is daar nog nooit gehoor dat iemand die oë van ’n blindgebore mens oopgemaak het nie.

33. As Hy nie van God was nie, sou Hy dit nie kon doen nie.”

34. Hulle antwoord en sê vir hom: “Jy is volledig in sonde gebore en leer jý ons?” Hulle het hom uitgeban.

35. Yeshua het gehoor dat hulle hom uitgegooi het en toe Hy hom kry, vra Hy vir hom: “Vertrou jy in die Seun van God?”

36. Hy wat genees is, antwoord en sê: “Wie is Hy, my Meester, dat ek in Hom kan vertrou?”

37. Yeshua sê vir hom: “Jy het Hom gesien en Hy wat met jou praat, dit is Hy.”

38. Hy sê: “Ek vertrou, my Meester” en hy het voor Hom neergeval in aanbidding.

39. Yeshua sê: “Dit is om hierdie wêreld te oordeel dat Ek gekom het sodat die wat nie sien nie, mag sien en die wat sien, blind mag wees.”

40. Dié van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gevra: “Is ons ook blind?”Yir 2:35

41. Yeshua antwoord hulle: “As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie, maar nou sê julle: ‘Ons sien’; daarom bly julle sonde.”