Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 8:36-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

36. As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

37. Ek weet dat julle die nageslag van Avraham is, maar julle beplan om My dood te maak omdat julle My boodskap nie begryp nie.

38. Ek praat van wat Ek by Mý Vader gesien het; julle doen wat julle by júlle vader gesien het.”

39. Hulle antwoord en sê vir Hom: “Ons vader is Avraham.” Yeshua sê vir hulle: “As julle die kinders van Avraham was, sou julle doen wat Avraham gedoen het,