Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 6:7-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Filippos antwoord Hom: “Brood vir een honderd denarii sal nie genoeg wees sodat elkeen van hulle ’n stukkie kan kry nie.”

8. Een van Sy studentevolgelinge, Andreas, Shim’on Kefa se broer, sê vir Hom:

9. “Hier is ’n seun wat vyf garsbrode en twee visse het, maar wat is dit vir so baie mense?”

10. Yeshua sê vir hulle: “Laat al die mense gaan sit.” Daar was baie gras op dié plek en hulle het gaan sit; ongeveer vyf duisend manne in getal.

11. Yeshua vat die brode en nadat Hy gedank het, deel Hy dit uit aan die wat daar sit; so ook die visse, soveel as hulle wou hê.