Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 6:54-64 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

54. Wie ook al van My liggaam eet en My bloed drink, het die ewige lewe en Ek sal hom laat opstaan in die laaste dag,

55. want My liggaam is ware kos en My bloed is ware drank.

56. Wie My liggaam eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom.

57. Net soos die Lewende Vader My gestuur het en Ek as gevolg van die Vader lewe, net so sal hy wat My eet, ook as gevolg van My lewe.

58. Hierdie is die Brood wat vanuit die hemel afgekom het; nie soos julle vaders wat die ‘man hu’ geëet en doodgegaan het nie; wie hierdie Brood eet, sal tot in ewigheid lewe.”

59. Hierdie dinge het Hy in die bymekaarkomplek gesê toe Hy in K’far-Nagum lering gegee het.

60. Baie van Sy studentevolgelinge wat gehoor het, het gesê: “Hierdie boodskap is moeilik, wie kan dit verstaan?”

61. Yeshua het in Sy Gees geweet dat Sy studentevolgelinge hieroor murmureer en Hy vra vir hulle: “Is dit vir julle ’n struikelblok?

62. Julle sal daarom waarlik die Seun van die mens sien opvaar na die plek waar Hy aan die begin was.

63. Die Gees is dit wat lewend maak, dit is tot geen voordeel vir die vlees nie; die dinge waaroor Ek met julle gepraat het, is Gees en is lewe,

64. maar daar is sommige onder julle wat nie vertrou nie,” want Yeshua het van die begin af geweet wie hulle was wat nie vertrou nie en wie hy was wat Hom sou oorgee.