Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 6:44-51 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

44. Niemand kan na My toe kom, as die Vader, wat My gestuur het, hom nie trek nie en Ek sal hom laat opstaan in die laaste dag.Yes 54:13 daarom sal elkeen, wat dit van die Vader gehoor en geleer het, na My toe kom.Rom 1:19,20

45. Dit is geskrywe in die profete: ‘Almal sal deur God geleer word;’

46. Niemand het die Vader gesien nie, behalwe Hy wat van God af kom, Hy het self die Vader gesien.

47. Dit is ’n ewige waarheid wat Ek vir julle sê: hy wat in My vertrou, het die ewige lewe.`Am 8:11

48. אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Brood van Lewe.

49. Julle vaders het die ‘man hu’ in die wildernis geëet en het doodgegaan.

50. Hierdie is die Brood wat vanuit die hemel afgekom het sodat iemand daarvan kan eet en nie doodgaan nie.

51. אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Lewende Brood, wat vanuit die hemel afgekom het. As iemand van hierdie Brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. Die Brood wat Ek sal gee, is My liggaam, wat Ek ter wille van die lewe van die wêreld, sal gee.”