Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 6:39-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. Dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat Ek niemand, wat Hy My gegee het, sal vernietig nie, maar Ek hom sal opwek in die laaste dag.

40. Dit is die wil van My Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom vertrou, die ewige lewe sal hê en Ek sal hom opwek in die laaste dag.”

41. Die Jode het oor Hom gemurmureer omdat Hy gesê het: ‘ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Brood wat vanuit die hemel afgekom het.’