Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 20:4-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Die twee het saam gehardloop, maar die ander studentevolgeling het voor Shim’on gehardloop en eerste by die graf gekom

5. en hy het gekyk en die linne doeke sien lê, maar hy het nie ingegaan nie.

6. Shim’on Kefa het ná hom aangekom en in die graf ingegaan en die linne doeke gesien waar dit lê

7. en die grafkleed, wat oor Sy kop was, sien hy nie by die linne doeke lê nie, maar opgerol op ’n plek eenkant.

8. Toe het ook die ander studentevolgeling, wat eerste by die graf gekom het, ingegaan en hy het gesien en vertrou.