Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 19:34-42 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. maar een van die soldate het met ’n spies in Sy sy ingesteek en dadelik het daar bloed en water uitgekom.

35. Die een wat dit gesien het, het daarvan getuig en sy getuienis is waar en hy weet dat hy die waarheid praat sodat julle kan vertrou,Eks 12:46; Num 9:12; Ps 34:21

36. want hierdie dinge het gebeur sodat die Skrif vervul sou word wat sê: “Nie een van Sy bene sal gebreek word nie.”Z’kh 12:10

37. ’n Ander Skrif sê weer: “Hulle sal na Hom kyk in Wie hulle gesteek het.”

38. Na hierdie dinge het Yosef van Ramatayim, wat in die geheim ’n studentevolgeling van Yeshua was omdat hy bang was vir die Jode, vir Pilatos gevra of hy die liggaam van Yeshua mag wegvat en Pilatos het toestemming gegee. Hy het toe gegaan en die liggaam van Yeshua weggevat.

39. Nakdimon, wat eers in die nag na Yeshua gegaan het, het ook gekom met ’n mengsel van mirre en aalwyn van omtrent vyftig kilogram.

40. Hulle het toe die liggaam van Yeshua gevat en dit in linne doeke toegedraai saam met die soet speserye, volgens die begrafnis tradisie van die Jode.

41. Daar was op die plek waar Hy aan die kruis doodgemaak is, ’n tuin en in die tuin ’n nuwe graf, waar nog nooit iemand in neergelê was nie.

42. Daar het hulle Yeshua toe neergelê omdat die Shabbat nadergekom het en omdat die graf naby was.