Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 19:30-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Toe Yeshua die suurwyn ontvang het, sê Hy: “Dit is afgehandel!” Hy het Sy kop afgebuig en Sy Gees oorgegee.Deut 21:22-23 het die Jode Pilatos gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggevat moes word.

31. Sodat die liggame nie op die Shabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereidingsdag was, want die komende dag was ’n spesiale Shabbat,

32. Die soldate het toe gekom en die bene van die eerste een gebreek en van die ander een wat saam met Hom aan die kruis doodgemaak is,

33. maar toe hulle by Yeshua kom en sien dat Hy reeds dood is, het hulle nie Sy bene gebreek nie,

34. maar een van die soldate het met ’n spies in Sy sy ingesteek en dadelik het daar bloed en water uitgekom.

35. Die een wat dit gesien het, het daarvan getuig en sy getuienis is waar en hy weet dat hy die waarheid praat sodat julle kan vertrou,Eks 12:46; Num 9:12; Ps 34:21

36. want hierdie dinge het gebeur sodat die Skrif vervul sou word wat sê: “Nie een van Sy bene sal gebreek word nie.”Z’kh 12:10

37. ’n Ander Skrif sê weer: “Hulle sal na Hom kyk in Wie hulle gesteek het.”

38. Na hierdie dinge het Yosef van Ramatayim, wat in die geheim ’n studentevolgeling van Yeshua was omdat hy bang was vir die Jode, vir Pilatos gevra of hy die liggaam van Yeshua mag wegvat en Pilatos het toestemming gegee. Hy het toe gegaan en die liggaam van Yeshua weggevat.