Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 15:6-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. As ’n sekere persoon nie voortdurend in My bly nie, word hy buite weggegooi soos ’n tak en verdroog en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur om te verbrand.

7. As julle voortdurend in My bly en wat Ek gesê het in julle, sal julle vra net wat julle wil en dit sal vir julle gedoen word.

8. Hierin is My Vader vereer en geloof deurdat julle baie vrugte dra en so sal julle My studentevolgelinge wees.

9. Net soos die Vader My voortdurend liefhet, het Ek julle ook net so voortdurend lief. Hou aan in My vriendskap.

10. As julle My opdragte uitvoer, sal julle in My liefde bly, net soos Ek die opdragte van My Vader uitvoer en in Sy liefde bly.

11. Dit het Ek vir julle gesê sodat My vreugde voortdurend in julle kan bly en julle vreugde volledig kan wees.

12. Dit is My opdrag: dat julle mekaar voortdurend moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

13. Daar is nie groter liefde as dit nie: dat iemand sy lewe sal neerlê ter wille van sy vriende.Rom 8:8; 1 Yog 5:1-3

14. Julle is My vriende as julle alles sal doen wat Ek julle beveel.

15. Hierna noem Ek julle nie meer slawe nie omdat die slaaf nie weet wat sy meester doen nie, maar Ek het julle vriende genoem omdat Ek alles wat Ek van My Vader hoor, aan julle bekendmaak.