Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 15:23-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Wie My ook al haat, haat ook My Vader.

24. As Ek nie die dade voor hulle oë gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê niePs 35:19; Ps 69:5

25. sodat die boodskap wat in hulle wet geskryf is, vervul moes word: “Hulle het My sonder oorsaak gehaat, maar nou het hulle gesien en ook My en selfs My Vader gehaat,”

26. Wanneer die Bevryder en Lewegewer, wat Ek vir julle van My Vader se Teenwoordigheid af sal stuur, die Gees van die Waarheid, Hy wat van die Teenwoordigheid van My Vader af uitgaan, gekom het, sal Hy van My getuig,

27. maar julle getuig ook, julle wat van die begin af saam met My is.”