Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 12:5-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. “Waarom is hierdie welriekende olie nie vir drie honderd denarii verkoop en die geld aan die armes gegee nie?”

6. Dit het hy gesê, nie omdat hy vir die armes omgegee het nie, maar omdat hy ’n dief was en die beursie gehou het en dit wat ingegooi is, gedra het.

7. Yeshua sê: “Los haar, sy het dit bewaar vir die dag van My begrafnis,

8. want die armes het julle altyd tussen julle, maar vir My het julle nie altyd nie.”

9. Baie mense uit Y’hudah het gehoor dat Hy daar is en het gekom, nie alleen om vir Yeshua te sien nie, maar ook vir El’azar, wat Hy uit die dood uit opgewek het.

10. Die leierpriesters het besluit om El’azar ook dood te maak

11. omdat baie van die Jode as gevolg van hom meer en meer in Yeshua vertrou het.

12. Die volgende dag het baie feesgangers, toe hulle hoor dat Yeshua na Yerushalayim kom,Ps 118:25 “Red ons nou! Geseënd is Hy wat kom in die Outoriteit en Karakter (Naam) van יהוה, die Koning van Yisra’el.”Ps 118:26

13. palmtakke gevat en uitgegaan om Hom te ontmoet en uitgeroep:

14. Yeshua het ’n donkie gekry en daarop gaan sit, soos geskrywe is:Z’kh 9:9

15. “Moenie bang wees nie, dogter van Tziyon! Let op, jou Koning kom na jou toe en Hy ry op die vul van ’n donkie.”

16. Sy studentevolgelinge het hierdie dinge eers nie verstaan nie, maar nadat Yeshua vereer is, het hulle onthou dat hierdie dinge van Hom geskrywe is en dat hulle dit aan Hom sou doen.

17. Toe het die mense, wat by Hom was toe Hy El’azar uit die graf geroep en hom uit die dood uit opgewek het, daarvan getuig.