Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 11:13-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Yeshua het egter gepraat van sy dood terwyl hulle gedink het dat Hy van lê en slaap praat.

14. Toe sê Yeshua vir hulle reguit: “El’azar is dood.

15. Ek is bly, om julle ontwil, dat Ek nie daar was nie sodat julle kan vertrou, maar ons gaan daarheen.”

16. Toe sê T’oma, wat ‘Tweeling’ genoem word, vir sy mede-studentevolgelinge: “Laat ons ook gaan om saam met Hom te sterf.”

17. Met Yeshua se aankoms in Beit-Anyah, het Hy gevind dat hy al vier dae in die graf was.

18. Beit-Anyah was langs Yerushalayim, ongeveer drie kilometer weg

19. en baie van die Jode het na Marta en Miryam toe gekom om hulle oor hul broer te vertroos.

20. Toe Marta hoor dat Yeshua gekom het, het sy uitgegaan om Hom te ontmoet, maar Miryam het in die huis gesit.

21. Marta sê vir Yeshua: “My Meester, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie,