Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 10:22-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Dit was die Ganukkahfees in Yerushalayim; dit was winter

23. en Yeshua het in die tempel, in die pilaargang van Shlomo, geloop.

24. Die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: “Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U Die Gesalfde Een is, sê dit vir ons reguit.”

25. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek het dit vir julle gesê en julle vertrou nie. Die dade wat Ek in die Outoriteit en Karakter van My Vader doen, dié getuig van My,

26. maar julle vertrou nie, want julle is nie van My skape nie, net soos Ek vir julle gesê het.

27. My skape hoor My stem, Ek ken hulle en hulle loop saam met My.