Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 1:42-51 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

42. Hy het hom na Yeshua toe gebring en Yeshua het na hom gekyk en gesê: “Jy is Shim’on, die seun van Yoganan; jy sal Kefa genoem word.”

43. Die volgende dag wou Yeshua na die Galil gaan en Hy ontmoet vir Filippos en sê vir hom: “Volg My.”

44. Filippos was van Beit-Tzaidah, die stad van Andreas en Kefa.

45. Filippos het vir Natan’el gekry en vir hom gesê: “Ons het Hom gevind van Wie Moshe in die wet en van Wie ook die profete geskryf het. Hy is Yeshua, die seun van Yosef van Natzeret.”

46. Natan’el vra vir hom: “Kan daar uit Natzeret iets goeds wees?” Filippos antwoord hom: “Kom kyk.”

47. Yeshua sien vir Natan’el toe hy na Hom toe aankom en sê van hom: “Let op, waarlik ’n seun van Yisra’el in wie daar geen misleiding is nie.”

48. Natan’el vra vir Hom: “Waarvandaan ken U my?” Yeshua antwoord en sê vir hom: “Voordat Filippos jou geroep het, toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.”

49. Natan’el antwoord en sê vir Hom: “Leermeester, U is die Seun van God, U is die Koning van Yisra’el!”

50. Yeshua sê vir hom: “Vertrou jy omdat Ek vir jou gesê het: ‘Ek het jou onder die vyeboom gesien?’ Jy sal groter dinge sien as dit.”Gen 28:12

51. Hy sê vir hom: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê dat julle van nou af sal sien hoe die hemel oopgemaak word en die engele van God wat opgaan en afgaan op die Seun van die mens.”