Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 1:35-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

35. Op ’n ander dag het Yoganan weer daar gestaan met twee van sy studentevolgelinge

36. en hy sien Yeshua loop en sê: “Let op, die Lam van God!”

37. Die twee studentevolgelinge het hom dit hoor sê en Yeshua gevolg.

38. Yeshua het omgedraai en hulle gesien wat Hom volg en vir hulle gevra: “Wat soek julle?” Hulle antwoord Hom: “Leermeester, waar is U tuis?”

39. Hy sê vir hulle: “Kom kyk.” Hulle het gegaan en gesien waar Hy bly en dié dag by Hom gebly. Dit was omtrent die tiende uur (vieruur).

40. Andreas, die broer van Shim’on, was self een van hulle wat dit by Yoganan gehoor en Hom gevolg het.

41. Hy het eerste vir Shim’on, sy broer, gesien en vir hom gesê: “Ons het Die Gesalfde Een gevind.”