Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 1:21-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Hulle vra hom weer: “Wie dan? Is u Eliyahu?” Hy sê: “Ek is nie.” “Is u die profeet?” Hy antwoord: “Nee.”

22. Hulle vra vir hom: “Wie is u dan sodat ons ’n verklaring kan gee aan dié wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?”Mal 3:1; Mat 3:3 soos Yesha’yahu, die profeet, gesê het!”Yes 40:3

23. Hy sê: “Ek is die stem van een wat roep in die wildernis: ‘Berei die pad van יהוה voor,’

24. Die wat gestuur is, was uit die Fariseërs

25. en hulle vra hom en sê vir hom: “Hoekom doop u dan as u nie Die Gesalfde Een of Eliyahu of die profeet is nie?”

26. Yoganan antwoord hulle en sê: “Ek doop in water, maar Hy staan tussen julle vir Wie julle nie ken nie,

27. dit is Hy wat ná my kom en Hyself was voor my, Wie se sandaalband ek nie waardig is om los te maak nie.”

28. Dit het gebeur by Beit-Anyah, aan die oorkant van die Yarden, waar Yoganan besig was om te doop.

29. Die volgende dag sien Yoganan vir Yeshua na hom toe kom en hy sê: “Let op, Hy is die Lam van God wat die sonde van die wêreld verwyder!

30. Dit is Hy van Wie ek gesê het: ‘Die Man wat ná my kom, Hy was voor my, want Hy is belangriker as ek.’

31. Ek het Hom nie geken nie, maar ek het gekom en in water gedoop sodat Hy aan Yisra’el gemanifesteer sou word.”

32. Yoganan het getuig en gesê: “Ek het die Gees soos ’n duif uit die hemel sien afkom en op Hom bly.Mat 3:16; Mar 1:10; Luk 3:22

33. Ek het Hom nie geken nie, maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, het vir my gesê: ‘Hy op Wie jy die Gees sien afkom en bly, dit is Hy wat in die Gees van Afsondering doop’

34. en ek hét gesien en getuig dat hiérdie die Seun van God is.”