Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 1:11-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Hy het na wat Syne is, gekom en Sy eie het Hom nie ontvang nie,

12. maar aan dié wat Hom ontvang het, aan hulle het Hy die outoriteit gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Outoriteit en Karakter vertrou;

13. díe wat nie vanuit die bloed, of vanuit die begeerte van die vlees, of vanuit die begeerte van ’n man nie, maar vanuit God, gebore is.

14. Die Boodskap het Vlees geword en het onder ons gebly en ons het Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid gesien, ’n Gemanifesteerde Teenwoordigheid soos van die Enigste Uniekgeborene wat vanaf die Vader kom; Hy wat vol van onverdiende guns en waarheid is.

15. Yoganan het van Hom getuig en uitgeroep en gesê: “Dit is Hy van Wie ek gesê het dat Hy ná my kom en tog voor my was, want Hy is belangriker as ek.”

16. Vanuit Sy volheid het ons almal onverdiende guns op onverdiende guns ontvang,

17. want die wet is via Moshe gegee; die onverdiende guns en die waarheid het via Yeshua, Die Gesalfde Een, bestaan.

18. Niemand het God nog ooit gesien nie, maar die enigste Uniekgeborene van God, wat aan die bors van die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

19. Dit is die getuienis van Yoganan, toe die Jode priesters en Leviete uit Yerushalayim gestuur het om hom te vra: “Wie is u?”

20. Hy het erken en nie ontken nie, maar erken: “Ek is nie Die Gesalfde Een nie.”Deut 18:15-22

21. Hulle vra hom weer: “Wie dan? Is u Eliyahu?” Hy sê: “Ek is nie.” “Is u die profeet?” Hy antwoord: “Nee.”

22. Hulle vra vir hom: “Wie is u dan sodat ons ’n verklaring kan gee aan dié wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?”Mal 3:1; Mat 3:3 soos Yesha’yahu, die profeet, gesê het!”Yes 40:3