Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 1:10-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hy was ín die wêreld en die wêreld bestaan deur Sy hand en die wêreld het Hom nie geken nie.

11. Hy het na wat Syne is, gekom en Sy eie het Hom nie ontvang nie,

12. maar aan dié wat Hom ontvang het, aan hulle het Hy die outoriteit gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Outoriteit en Karakter vertrou;

13. díe wat nie vanuit die bloed, of vanuit die begeerte van die vlees, of vanuit die begeerte van ’n man nie, maar vanuit God, gebore is.

14. Die Boodskap het Vlees geword en het onder ons gebly en ons het Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid gesien, ’n Gemanifesteerde Teenwoordigheid soos van die Enigste Uniekgeborene wat vanaf die Vader kom; Hy wat vol van onverdiende guns en waarheid is.