Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Yoganan 1:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In begin het die Boodskap reeds bestaan en daardie Boodskap het saam met God bestaan en God self was daardie Boodskap.

2. Hierdie Een het aanvanklik saam met God bestaan.Kol 1:17; Heb 1:2

3. Alles is deur Sy hande gemaak en sonder Hom het niks bestaan van wat ontstaan het nie.

4. In Hom was die Lewe en die Lewe was die Lig vir die mense.Kol 1:13

5. Daardie Lig skyn in die duisternis en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

6. Daar was ’n man wat van God gestuur is, met die naam Yoganan.

7. Hy het as ’n getuienis gekom om van die Lig te getuig sodat almal deur Hom sou vertrou.

8. Hy was nie die Lig nie, maar hy moes van die Lig getuig,Kol 1:12

9. van die Lig van waarheid, wat elke mens wat in die wêreld inkom, verlig.Kol 1:14-20

10. Hy was ín die wêreld en die wêreld bestaan deur Sy hand en die wêreld het Hom nie geken nie.

11. Hy het na wat Syne is, gekom en Sy eie het Hom nie ontvang nie,

12. maar aan dié wat Hom ontvang het, aan hulle het Hy die outoriteit gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Outoriteit en Karakter vertrou;

13. díe wat nie vanuit die bloed, of vanuit die begeerte van die vlees, of vanuit die begeerte van ’n man nie, maar vanuit God, gebore is.