Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Hebreërs 2:4-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. terwyl God vir hulle getuig deur tekens, deur wonders, deur verskillende wonderwerke en gawes van die Gees van Afsondering, wat gegee is volgens Sy wil,

5. want Hy het nie die komende wêreld, waarvan ons praat, gehoorsaam gemaak aan die engele nie,

6. maar soos die Skrifte getuig en sê: “Wat is die mens dat U hom onthou, of ’n mensekind dat U vir hom sorg?

7. U het hom ’n klein bietjie minder as die engele gemaak; met lof, eer en waarde het U hom gekroon en hom outoriteit gegee oor die werke van U hande.Ps 8:5-7 want in dit: “alles in gehoorsaamheid onder sy voete gesit,” het Hy niks uitgesonder wat nie aan hom gehoorsaam gemaak is nie, maar nou sien ons nog nie dat alles aan hom gehoorsaam is nie,

8. U het alles in gehoorsaamheid onder sy voete gesit,”

9. maar ons sien Hom, Yeshua, wat vir die lyding van Sy dood, ’n bietjie laer as die engele was. Lof, eer en waarde word op Sy hoof geplaas, want deur die onverdiende guns van God het Hy in die plek van elkeen die dood gesmaak,Yes 53:11

10. want dit was vir Hom, ter wille van Wie alle dinge en deur Wie alle dinge is, gepas om baie seuns in die lof en eer te bring sodat die Prins van hulle lewe, deur lyding, Homself volmaak sou maak,

11. want Hy wat afsonder, sowel as hulle wat afgesonder word, is almal vanuit Een, wat die rede is hoekom Hy Hom nie skaam om hulle Sy broers te noem nie,Ps 22:23

12. wanneer Hy sê: “Ek sal U Karakter en Outoriteit (Naam) aan My broers verkondig en in die gemeente sal Ek U lof besing.”Yes 8:17,18

13. Weer: “Ek sal op Hom vertrou.” Weer: “Let op, Ek en die kinders wat God vir My gegee het.”