Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Hebreërs 2:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As gevolg hiervan is ons dit verskuldig om meer aandag te gee aan wat ons gehoor het sodat ons nie val nie,

2. want as ’n boodskap, wat deur engele gebring is, vasgestaan het en elkeen wat dit gehoor en oortree het die regverdige beloning ontvang het,

3. hoe sal ons ontsnap, as ons die dinge ignoreer wat ons lewe is; die dinge wat eers deur ons Meester verkondig is en toe deur hulle vanuit ons geledere, wat Hom gehoor het, aan ons bevestig is,

4. terwyl God vir hulle getuig deur tekens, deur wonders, deur verskillende wonderwerke en gawes van die Gees van Afsondering, wat gegee is volgens Sy wil,