Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Hebreërs 13:5-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Julle gedagtes het nie geld liefgehad nie, maar laat, wat julle ook al het, vir julle genoeg wees, want יהוה het gesê: “Ek sal jou nooit in die steek laat en jou hand laat los nie.”Ps 27:1; Ps 118:6

6. Ons sê met vrymoedigheid: “My Meester is my Helper, ek sal nie vrees nie; wat sal ’n mens aan my doen?”

7. Onthou julle gidse, die wat die boodskap van God aan julle verkondig; kyk na die resultate van hulle optrede en volg hulle vertroue na.

8. Yeshua, Die Gesalfde Een, is gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde.

9. Moenie gelei word deur vreemde en veranderlike leringe nie, want dit is goed dat die verstand, wil en emosie versterk word deur onverdiende guns, nie deur kos nie, waarvan die wat daarin leef, geen voordeel het nie.

10. Ons het ’n altaar, waarvan dié wat die Tabernakel bedien, geen outoriteit het om van te eet nie.Lev 16:27 se liggame word buitekant die kamp verbrand;

11. Die diere, waarvan die bloed ter wille van die sonde, deur die hoofpriester in die afgesonderde plek ingedra word,

12. daarom het Yeshua ook, om die mense deur Sy eie bloed af te sonder, buitekant die stad gely;

13. daarom moet ons ook uitgaan na Hom toe, buitekant die kamp, terwyl ons Sy skande dra,

14. want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons kyk uit vir die één wat kom.

15. Laat ons, deur Hom, altyd aan God ’n lofoffer bring, wat die vrug van die lippe is wat dank bring aan Sy Karakter en Outoriteit (Naam).Ya’a 1:27

16. Vergeet ook nie liefdadigheid en om te deel met die armes nie, want met sulke offers stel ’n mens God tevrede.Yir 29:7; Rom 13:1-7

17. Wees gehoorsaam aan julle leiers en onderwerp julle aan hulle, want hulle hou wag oor julle lewens, as mense wat rekenskap moet gee sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie met klagtes nie, want dit is nie vir julle tot voordeel nie.