Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Hebreërs 13:21-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Hy sal julle volmaak maak in elke goeie daad, om Sy wil te doen en Hy sal ín ons alles wat uitstekend is voor Hom, deur Yeshua, Die Gesalfde Een, aan Wie die lof, eer en grootheid toekom tot in tydlose ewigheid, uitvoer! Dit is waar!

22. Ek doen ’n beroep op julle, broers, wees geduldig in julle gees met die boodskap van opheffing, want ek het maar kort aan julle geskryf.

23. Weet dat ons broer Timotheos vrygelaat is en, as hy gou kom, sal ek julle saam met hom sien.

24. Groet al julle leiers en al die afgesonderdes. Almal wat van Italië is, groet julle.

25. Die onverdiende guns bly by julle almal! Dit is waar.