Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Hebreërs 13:15-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Laat ons, deur Hom, altyd aan God ’n lofoffer bring, wat die vrug van die lippe is wat dank bring aan Sy Karakter en Outoriteit (Naam).Ya’a 1:27

16. Vergeet ook nie liefdadigheid en om te deel met die armes nie, want met sulke offers stel ’n mens God tevrede.Yir 29:7; Rom 13:1-7

17. Wees gehoorsaam aan julle leiers en onderwerp julle aan hulle, want hulle hou wag oor julle lewens, as mense wat rekenskap moet gee sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie met klagtes nie, want dit is nie vir julle tot voordeel nie.

18. Hou aan bid vir ons, want ons vertrou dat ons ’n goeie gewete het omdat ons in alles goed wil leef,

19. maar, spesiaal vra ek julle, om dit te doen sodat ek gouer na julle toe kan terugkom.

20. Die God van vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed, wat die groot Herder van die skape, Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Meester, deur die bloed van die ewige verbond uit die dood uit gebring het;

21. Hy sal julle volmaak maak in elke goeie daad, om Sy wil te doen en Hy sal ín ons alles wat uitstekend is voor Hom, deur Yeshua, Die Gesalfde Een, aan Wie die lof, eer en grootheid toekom tot in tydlose ewigheid, uitvoer! Dit is waar!

22. Ek doen ’n beroep op julle, broers, wees geduldig in julle gees met die boodskap van opheffing, want ek het maar kort aan julle geskryf.

23. Weet dat ons broer Timotheos vrygelaat is en, as hy gou kom, sal ek julle saam met hom sien.

24. Groet al julle leiers en al die afgesonderdes. Almal wat van Italië is, groet julle.

25. Die onverdiende guns bly by julle almal! Dit is waar.