Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Hebreërs 13:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Laat die liefde vir broers voortgaan tussen julle.

2. Vergeet nie die goedheid teenoor vreemdelinge nie, want daardeur was sommige waardig om onwetend, engele te onthaal.

3. Onthou dié wat gevange geneem is, asof julle saam met hulle gevang is en dié wat mishandel word, as mense wat self liggame het.

4. Die huwelik is eerbaar in alle opsigte en hulle bed is rein, maar God sal seksuele oortreders en egbrekers oordeel.Deut 4:31; Y’ho 1:5; Y'ho 31:6,8; Yes 49:14,15; 1 Kro 28:20

5. Julle gedagtes het nie geld liefgehad nie, maar laat, wat julle ook al het, vir julle genoeg wees, want יהוה het gesê: “Ek sal jou nooit in die steek laat en jou hand laat los nie.”Ps 27:1; Ps 118:6

6. Ons sê met vrymoedigheid: “My Meester is my Helper, ek sal nie vrees nie; wat sal ’n mens aan my doen?”