Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Hebreërs 1:8-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Aangaande die Seun sê Hy egter: “U troon, o God, is vir tydlose ewigheid, die septer van U Koninkryk is ’n reguit, suiwer septer.Ps 5:6 daarom het God, U God, U gesalf met die olie van vreugde bo U kamerade.”Ps 45:7-8

9. U het onpartydige opregtheid liefgehad en die wetsoortreders gehaat;

10. Weer: “U het van die oorsprong af die fondasies van die aarde gelê en die hemele is die werke van U hande.

11. Hulle sal verbygaan en U sal bly en hulle sal almal soos ’n kledingstuk verslytPs 102:26-28

12. en soos ’n mantel sal U hulle toevou en hulle sal verander word, maar U is die Ewige God en U jare sal nie ophou nie.”Ps 110:1

13. Aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: “Sit aan My regterhand totdat Ek U vyande ’n voetstoel onder U voete gemaak het?”

14. Let op, is hulle nie almal dienende geeste wat vir dienswerk uitgestuur word ter wille van dié wat die lewe sal beërwe nie?