Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Galasiërs 6:14-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. maar wat my betref: ek sal nie roem nie, behalwe in eenheid met die kruisiging van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, deur Wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld,

15. want nóg die besnydenis nóg die onbesnedenheid het enige waarde, maar ’n nuwe skepping het.

16. Vir díé wat hierdie pad loop: vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid en liefdevolle omgee sal oor julle wees en oor die Yisra’el van God!

17. Mense pla my dus nie, want ek het die merke van die Meester Yeshua in my liggaam ontvang.

18. Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, bly met julle gees, my broers! Dit is waar!