Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Galasiërs 6:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. My broers, as een van julle deur een of ander oortreding oorval word, moet julle wat in die Gees is, só een herstel met die gees van sagtheid en nederigheid en wees versigtig dat jy nie ook getoets word nie.

2. Dra mekaar se laste, want so word jy volledig in die wet van Die Gesalfde Een,

3. want as iemand dink dat hy iéts is terwyl hy niks is nie, mislei hy homself,

4. maar ’n man moet sy eie dade toets en net in homself roem en nie tussen ander nie,