Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Galasiërs 4:28-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Ons, my broers, is egter net soos Yitz’gak, kinders van die belofte

29. en net soos toe hy wat na die menslike natuur gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, net so is dit ook nou,Gen 21:10

30. maar wat sê die Skrif? ‘Gooi die slavin en haar seun uit, want die seun van die slavin sal nie saam met die seun van die vry vrou erf nie’.

31. Ons is daarom, my broers, nie kinders van die slavin nie, maar van die vry vrou.