Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Galasiërs 4:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek sê: solank as die erfgenaam ’n kind is, verskil hy nie van die slawe nie, alhoewel hy hulle almal se meester is,

2. maar hy staan onder voogde en toesighouers tot op die tyd, soos deur sy vader bepaal is.

3. So was ons ook, toe ons kinders was, in slawerny onder die beginsels van die wêreld,

4. maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God Sy Seun gestuur. Hy is uit ’n vrou gebore en onderworpe aan die geskrewe wet,