Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Galasiërs 3:3-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Hierin is julle dwaas: die waarheid wat julle in die Gees gehad het, het by julle in die vlees geëindig.

4. Het julle al hierdie dinge sonder rede gely? O, dat dit nie sonder rede was nie!

5. Hy wat dus aan julle die Gees gee en wonderwerke onder julle doen, doen Hy dinge deur die doen van die geskrewe wet of vanuit die hoor en doen in vertroue,Gen 15:6

6. net soos wat Avraham in God vertrou het en dit vir hom tot onpartydige opregtheid bereken is?

7. Weet daarom dat dié wat uit die vertroue is, húlle is kinders van Avraham.Gen 12:3; Gen 22:18

8. God het van voor dít af geweet dat die ander nasies deur vertroue onskuldig verklaar sou word voordat aan Avraham die goeie boodskap verkondig is, soos die afgesonderde Skrifte sê: “In jou sal al die nasies geseën word.”

9. So word die wat vertrou, geseën saam met die vertrouende Avraham,Deut 27:26

10. want almal wat ‘staatmaak op die onderhouding van die wet,’ is onder ’n vloek, want daar is geskryf: “Vervloek is elkeen wat nie voortdurend alles sal doen wat in hierdie boek van die wet geskryf is nie.”Hav 2:4

11. Dat ’n mens nie deur die geskrewe wet by God onskuldig verklaar word nie, is duidelik, want dit is geskrywe: “Die onskuldige sal deur vertroue leef,”Lev 18:5