Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Galasiërs 3:16-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Die beloftes is aan Avraham belowe en aan sy Saad as ’n verbond. Hy sê nie vir hom: ‘Aan jou sade,’ asof dit na baie wys nie, maar “Aan jou Saad,” soos na Een: Hom wat Die Gesalfde Een is

17. en ek sê dít: dat die verbond, wat deur God, in Die Gesalfde Een, van die begin af bekragtig is, nie deur die geskrewe wet, wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, gekanselleer is om so die belofte tot niet te maak nie,

18. want as die erfenis vanuit die geskrewe wet is, dan is dit nie meer die vervulling van die belofte nie, maar God het dit aan Avraham deur ’n belofte gegee.

19. Hoekom dan die geskrewe wet? Dit is bygevoeg omrede die afdwaling totdat die Erfgenaam sou kom aan Wie die belofte gemaak is en daardie geskrewe wet is deur die belofte gegee, deur die hand van ’n tussenganger.Deut 6:4

20. ’n Tussenganger verteenwoordig nie een alleen nie, maar God is Een.