Die Pad van Waarheid tot die Lewe

Galasiërs 1:21-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Na hierdie dinge het ek na die streke van Sirië en Kilikia gegaan

22. en my gesig was onbekend by die gemeentes van Die Gesalfde Een in Y’hudah,

23. maar hulle het slegs dit gehoor: hy wat hulle vroeër vervolg het, let op, verkondig nou die vertroue wat hy vroeër omver probeer werp het

24. en hulle het God geloof en geprys vir my.