Die Pad van Waarheid tot die Lewe

2 Kronieke 1:13-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Shlomo het vanaf sy reis, na die groot feesmaal van voor die Tent van Ontmoeting, wat by die dorp Giv’on, oos van Yerushalayim, was, gekom en oor die hele Yisra’el regeer.Deut 17:16; 1 Kon 10:26

14. Shlomo het strydwaens en perderuiters bymekaargemaak en hy het een duisend vier honderd waens en twaalf duisend perderuiters gehad, wat hy in die stede vir strydwaens en sommige by die koning in Yerushalayim gesit het.1 Kon 10:27; 2 Kro 9:27

15. Die koning het silwer in Yerushalayim so algemeen gemaak soos klippe en seders so volop soos wildevyebome wat in die Laagland is.Deut 17:16; 1 Kon 10:28

16. Die koning se handelaars het vir Shlomo perde gekoop vanaf Mitzrayim en vanaf die stede van Keveh vir ’n prys.

17. Hulle het gegaan en ’n strydwa uit Mitzrayim gebring vir ses honderd sikkels silwer en ’n perd vir ’n honderd en vyftig en so het hulle deur die koning se handelaars perde gebring vir al die konings van die Hittiete en die konings van Aram.