Die Pad van Waarheid tot die Lewe

1 Sh'mu'el 27:7-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Die hoeveelheid dae wat Dawid in die land van die F’lishtyne gebly het, was ’n jaar en vier maande.

8. Dawid en sy manne het opgegaan en die G’shuriete, die Gizriete en die `Amalekiete aangeval, want hulle was van ouds af die bewoners van die land, soos jy by Shur kom en so ver as die land van Mitzrayim.

9. Dawid het die land aangeval en nie ’n man of vrou laat lewe nie en hy het die skape, beeste, donkies, kamele en klere weggevat. Toe het hy teruggegaan en by Akhish gekom.

10. Akhish het gesê: “Waar het julle vandag ’n aanval geloots?” Dawid het gesê: “Teen die Suidland (Negev) van Y’hudah, teen die Suidland van die Yeragme’eliete en teen die Suidland van die Keiniete.

11. Dawid het nie ’n man of vrou laat lewe om dié na Gat te bring nie, want hy het gedink: “Anders sal hulle aangaande ons vertel en sê: ‘So het Dawid gedoen en dit was sy manier al die dae wat hy in die land van die F’lishtyne gebly het.’”

12. Akhish het Dawid vertrou en gesê: “Hy het homself sekerlik gehaat gemaak by sy mense, Yisra’el; daarom sal hy vir altyd my dienskneg word.”